Bethal VLU-tak skop jaar af

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering by te woon.

Die plaaslike VLU-tak het hul jaar met hul eerste vergadering op 17 Januarie afgeskop.

Die lede het hul jaarbeplanning vir 2023 gedoen en ook ’n nuwe bestuur gekies. Ds Evert Bergh het die vergadering geopen.

Hy het die Bethal VLU-tak se lede herinner dat dit goed is om ’n Marta, ’n doener te wees, maar dat dit net so belangrik is om ’n Maria, wat by die Vader geleer het, ook te wees.

“Al ons gawes en talente kom van die Here af,” het ds Bergh gesê.

“Ons moet toelaat dat die Here ons gebruik en ons moet stadiger en meer sinvol leef.”

Belangstellendes is welkom om die Bethal VLU-tak se volgende vergadering wat in Februarie plaasvind, by te woon.

Vir meer inligting, bel die skakelbeampte van die tak, Lynette Posthumus by 072 203 6230.



LEES OOK: Water problems in Bethal and eMzinoni continue

LEES OOK: Police arrest suspects in connection with unlicensed firearms in Volksrust area

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version