Local newsSchoolsStreeknuus

Victor Khanye-kring se nasionale senior sertifikaat-uitslae bekendgemaak

By Hoërskool Delmas was Charnéy Gericke met 82.14% en vier onderskeidings as die top presteerder vir 2022 aangewys.

Ondanks die vele uitdagings wat die matriekklas van 2022 weens die Covid-19 pandemie asook beurtkrag moes deurstaan, het hulle ’n algehele slaagsyfer van 80.1% behaal.

Die slaagsyfer het ’n algehele verbetering van 3.7% getoon in vergelyking met die matriekklas van 2021.

Volgens Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het die aantal leerders wat universiteitsvrystelling gekry het ook met 8.9% toegeneem.

Ook in Delmas het verskeie skole se 2022 matrieks angstig op hul uitslae gewag en het die groot oomblik uiteindelik op 20 Januarie aangebreek.

Die uitslae binne die Victor Khanye kring lyk as volg:

Mafa Max Motloung Secondary School in Botleng se matrieks van 2022 het ’n slaagsyfer van 97.0% behaal, terwyl Hoërskool Delmas 96.7%, Phaphamani Secondary School 62.6%, die Botleng Secondary School 57.1%, Sundra High School 53.6% en die Swartklip Combined School het ’n slaagsyfer van 47.5% gehad.

By Hoërskool Delmas was Charnéy Gericke met 82.14% en vier onderskeidings as die top presteerder vir 2022 aangewys.

In die tweede plek was Jeanné du Buson ook met vier onderskeidings en derde was Amelia Erasmus met drie onderskeidings.

Ciska-Marie Bester het twee onderskeidings verwerf, Thando Dube, drie, Anne-Mie Fourie twee onderskeidings, Abigail van der Merwe en Karla Badenhorst het elk drie onderskeidings verwerf. Johannes Beytel en Nondumiso Msimaka het ook onder die top tien presteerders geëindig.

Cas Badenhorst, skoolhoof van Hoërskool Delmas het die klas van 2022 baie geluk met hul uitslae gewens.

“Ek voel tevrede met die uitslae,” het Badenhorst gesê.


Related Articles

Back to top button