Local newsLocal sport

Gholfspelers op Standerton se gô nie geblus

Gholfspelers staan geen tree terug vir mekaar nie.

Werner Mouton het die septer op 13 Januarie geswaai nadat hy die Sundowner-kompetisie, in IPS-formaat, met 21 punte gewen het.

Leon Myburg was kort op sy hakke met 20, terwyl Attie Mouton en Vivian Seager albei 18 aangeteken het.

Jaco Kruger het 15 op die telkaart ingevul, gevolg deur Adri Mynhardt en Herman Mynhardt wat albei 13 behaal het. Patrizia Lombard se 10 het die agterhoede gevorm.

Altesaam 15 spelers het die daaropvolgende dag weer eens in ’n IPS-kompetisie mekaar die stryd by die Standerton Buiteklub aangesê.

Willie Griesel het die voortou met 40 punte geneem, terwyl Mark Nortjé ook 40 aangeteken het.


LEES OOK: Gholfspelers op Standerton skerp steeds vaardighede op


Sowel Joré Nortjé as Jabbies Lotz het 36 op die telkaart ingevul, gevolg deur Kirstin Nortjé, Lombard, Attie van der Westhuizen, Juan Nortjé en Seager wat elk 31 behaal het.

Clifford van Vuren het met 29 geëindig. Juan Nortjé het ’n spog-twee behaal.

Tydens die gebruiklike nege-putjie- en 18-putjie-wedywering op 18 Januarie het 26 spelers aan die IPS deelgeneem.

Donnie Taljaard het in eersgenoemde met 18 punte geseëvier, gevolg deur Pieter Bester wat op 17 te staan gekom het.

Deon Grimsell het 16 aangeteken en Ben Steyn 10. Damian Brink was onoorwonne oor 18 putjies nadat hy op 40 geëindig het, met Tertius Brits wat dit geëwenaar het.


LEES OOK: Gholfspelers op Standerton hou mekaar op die tone in wedywerings


Wikus Fourie het 39 op die telkaart ingevul, gevolg deur Gerhard Brits met 38. Gerrit Coetzee het op 36 te staan gekom, terwyl Henk Botha 35 behaal het.

Die driestuks van Attie Mouton, Herman Mynhardt en Kobie Coetzee het elk 34 aangeteken, gevolg deur Joré Nortjé se 33.

Tertius Brits en Gerhard Brits (2) het ’n spog-twee behaal. Die Mug-wenners van verlede jaar wat vir die Mug of Mugs gekwalifiseer het is:

Januarie:
• Mans A: Gert du Preez
• Mans B: Werner Mouton
• Mans C: Nico Lombard
• Vroue B: Patrizia Lombard
• Vroue C: Ronel Starbuck.

Februarie:
• Mans A: Damian Brink
• Mans B: Nico Lombard
• Mans C: Pieter Bester
• Vroue B: Patrizia Lombard
• Vroue C: Andrea Hipkin.

Maart:
• Mans A: Gerrit Coetzee
• Mans B: Nico Lombard
• Mans C: Fanie Bothe
• Vroue B: Patrizia Lombard
• Vroue C: Julene Willemse.

April:
• Mans A: Kobie Coetzee
• Mans B: Aldo Arnaldi
• Vroue B: Patrizia Lombard.

Mei:
• Mans A: Jannie Nichols
• Mans B: Willie Griesel
• Mans C: Francois Cronjé
• Vroue B: Patrizia Lombard
• Vroue C: Alida Griesel.

Junie:
• Mans A: Ronald Kinnear
• Mans B: Aldo Arnaldi
• Mans C: Nic Momberg
• Vroue B: Patrizia Lombard

Julie:
• Mans A: Kobie Coetzee
• Mans B: Tertius Brits
• Mans C: Henk Botha
• Vroue B – Kirstin Nortjé.

Augustus:
• Mmans A: Jannie Nichols
• Mans B: Werner Mouton
• Mans C: Daan Naudé
• Vroue B: Patrizia Lombard
• Vroue C: Clara Smith.

September:
• Mans A: Kobie Coetzee
• Mans B: Innocent Dhladhla
• Mans C: Wessel van der Merwe
• Vroue C: Alida Griesel.

Oktober:
• Mans A: Casper Roux
• Mans B: Johan Brink
• Mans C: Francois Cronjé
• Vroue C: Adri Mynhardt.

November:
• Mans A: Jannie Nichols
• Mans B: Wikus du Preez
• Mans C: Phillip du Preez
• Vroue B: Patrizia Lombard

Desember:
• Mans A: Kobie Coetzee
• Mans B: Leon Myburg
• Mans C: Nic Momberg

Die maandelikse beker en Mug of Mugs het op Saterdag 21 Januarie plaasgevind. Die uitslae sal so gou moontlik gepubliseer word.


Related Articles

Back to top button