Laerskool Eloff herwin om te wen

Behalwe vir ’n skoner omgewing word daar gepoog om die jeug bewus te maak van die belangrikheid van herwinning.

Loffies is maar een van die skole wat aan Delmas Herleef se gemeenskap-herwinningskompetsie vir skole deelneem.

Die kompetisie, geloods deur Delmas Herleef in samewerking met Delkor op Delmas het op 1 Junie afgeskop.

Die herwinning van glas, papier, blikkies en plasties deur skole vorm deel van die projek.

Behalwe vir ’n skoner omgewing, word daar gepoog om die jeug bewus te maak van die belangrikheid van herwinning.

Ouers, leerders en onderwysers van Loffies herwin met groot geesdrif, want die kompetisie nader sy einde.

Die kompetisie sluit op 30 September en die wenners word op 18 Oktober aangekondig.

Loffies het hul oog stewig op die groot prys van R10 000 en werk kliphard aan die gemeenskap se herwinningsprojek.


LEES OOK: Nita inspireer Bethal VLU-vroue met haar praatjie


Exit mobile version