Padtekens op Delmas herleef

Danksy die samewerking van die vrywillige groep Delmas herleef en Delmas se Afriforum-tak op die dorp, motoriste, kinders en inwoners weer veilig stop en die pad oorsteek.

Voetoorgang- en stoptekens op Delmas kry nuwe lewe en eersdaags sal geen motoris meer ’n verskoning hê om goedsmoeds oor ’n stopteken te ry nie.

Danksy die samewerking van die vrywillige groep Delmas Herleef en Delmas se Afriforumtak, kan motoriste, kinders en inwoners weer veilig stop en die pad oorsteek.

Delmas Herleef, alombekend vir hul bydrae tot die positiewe opknapping en herlewing van Delmas, het dit goed gedink om paaie in die dorp veiliger en netjies te maak deur padtekens oor te verf.

Die padteken in 4de Laan nadat dit deur Delmas Herleef se André Jacobs geverf is.

Die dienste van André Jacobs, ’n kenner op die gebied van padtekens verf se dienste is ingeroep en op Donderdag, 8 September is die eerste spoedhobbels en stoptekens by Laerskool Delmas aangepak.

Jacobs en twee jong vrywillige helpers, Jaun en Marius de Kock, het op Saterdag, 10 September, die taak voortgesit.
AfriForum het van die verf vir die projek geskenk en saam-saam het die twee groepe bewys dat om self te doen, beter is as om niks doen nie.

“Ons inwoners is dankbaar vir die vrywilligers van Delmas Herleef vir dit wat hulle doen om ons dorp te verfraai en te verbeter.

André Jacobs verf die voetoorgang in 6de Straat by Laerskool Delmas.

Onder die leiding van dr. Martin van Rensburg word projekte noukeurig beplan en deeglik uitgeoefen,” het Carel Botha, voorsitter van die AfriForum Delmas-tak gesê.

Lees ook in ’n volgende uitgawe van Streeknuus oor Delmas Herleef se groot planne om Delmas in 2024 Kwêla se Dorp van die Jaar te maak.

Delmas Herleef maak die voetoorgang en spoedhobbels voor Laerskool Delmas sigbaar vir leerders en motoriste.
Exit mobile version