Local news

Bethal VLU-tak vergader en leer van oefening

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering in Oktober by te woon.

Vroue van die plaaslike VLU-tak het by hul vergadering in Augustus meer oor die belangrikheid van oefening geleer.

Veruschka Oosthuizen, ’n biokinetikus, het die vroue toegespreek en gesê dat oefening die hormoon, endorfien afskei, wat ’n mens gelukkig en tevrede laat voel.

Sy het gesê balans verbeter krag en soepelheid asook kognitiewe funksies.

Siektes onder ouer mense kan vertraag word deur gereelde oefening.

Die Bethal VLU-tak het ook by dié vergadering afskeid van een van hul lede, Rika Viviers (93), geneem.

Sy was vir 21 jaar ’n VLU-lid by verskillende take.

Die tak het besluit om jaarliks ’n bedrag aan ’n liefdadigheidsorganisasie te skenk. Hulle het R2 500 aan die sopkombuis op Bethal geskenk.

Lede van dié tak beplan om in November, voor die feestyd, weer ’n skenking aan behoeftige gesinne op te maak.

Ilse Cronjé, dié tak se skakelbeampte, het gesê die VLU (Vroue Landbou Unie) is ’n organisasie vir vroue waar oud en jonk kan leer hoe om handwerk-artikels, bak- en brou-werk, naaldwerk en brei- en hekelwerk, te bemeester.

Die VLU vergader maandeliks waar vroue dan gesellig verkeer en by mekaar leer.

Belangstellendes is welkom om die Bethal VLU-tak se volgende vergadering wat in Oktober plaasvind, by te woon.

Vir meer inligting, skakel die voorsitter, Annette Greyvenstein, by 082 828 6459 of die sekretaresse, Tjoekie Nel, by 082 659 4103.

Related Articles

Back to top button