CrimeStreeknuus

Delmas wemel van polisie tydens spesiale operasie

Die operasie het verskeie suksesse ingehou en onder andere op dwelms, dagga, onwettige sigarette en verskeie ander items is op beslag gelê.

Die Delmas Polisie in samewerking met verskeie ander sektore en rolspelers het op 29 Junie die besighede op Delmas besoek.

Die doel van die operasie was om op vervalste goedere, onwettige sigarette en dwelms beslag te lê.

Immigrante, wie nie hul paspoorte en of korrekte dokumente aan die polisie kon toon nie, was ook in hegtenis geneem.

Die operasie het verskeie suksesse ingehou en daar was onder andere op dwelms, dagga, onwettige sigarette en verskeie ander items beslag gelê.

Onder leiding van Delmas se brandweerhoof, Frans Bolton, was daar ook in Sarel Cillierstraat op ’n bakkievrag onwettige LP gasbottels beslag gelê.

Ten spyte van talle navrae aan die Delmas Polisie, kon die volle omvang van die suksesse, inhegtenisnames en beslagleggings teen druktyd steeds nie verskaf word nie.


Related Articles

Back to top button