Man in die kop geskiet na klippe op die N12-hoofweg naby Delmas gepak is

Die Delmas polisie het intussen ’n waarskuwing aan motoriste wat van die N12 tussen die Bapsfontein- en Bronkhorstspruit-afritte gebruik maak om uiters versigtig vir voorwerpe op die padoppervlak te wees en liefs te vermy om die pad snags te gebruik. 

Klippe word op die N12-hoofweg geplaas, waarna skade aan voertuie motoriste verplig om tot stilstand te kom en hulle dan deur gewapende rowers beroof word.

Volgens die polisie was daar die afgelope Vrydagaand vier aangemelde gevalle gewees.

Koeëlgate in een van die taxi’s waarop daar op die N-12 hoofweg byb Delmas geskiet was.

Verdagtes skuil glo in die mielielande tussen die R50 Bapsfontein- en R42 Bronkhorstspruit aan die N12-hoofweg, klippe word op die padoppervlak gepak en nadat voertuie dit tref, slaan die bende op voertuie toe.

Tydens die eerste geval het die bestuurder van ’n taxi gestop nadat sy taxi ’n klip in die pad getref het. Ses gewapende rowers het hom (die bestuurder) en sy passasiers oorval en van hul besittings beroof.

Die bestuurder het na die Petroport vulstasie, rigting Witbank, gehaas waar hy om hulp gevra het. Die Delmas Polisie in samewerking met lede van die Anti-Hijacking en Policing SA-groep, sowel as die AfriForum Delmas Valke Buurtwag was reeds op daardie stadium besig met ’n spesiale operasie op die N12.

Tydens hulpverlening aan die eerste slagoffer het die polisie ’n verdere oproep ontvang waarby nog drie taxi’s, op pad na Mosambiek, dieselfde lot getref het.

Die aanvallers het verskeie skote geskiet en een van die passasiers was in die kop geskiet.

Met die taxi’s se aankoms by die Petroport vulstasie was eerstehulp onmiddellik op die gewonde passasier toegepas.

Met Streeknuus se aankoms op die toneel was drie van die taxi’s steeds op die toneel. Verskeie passasiers het verslae rondgestaan en taxi’s met koeëlgate was duidelik sigbaar.

Kaptein Carla Hartley, mediawoordvoerder van die Delmas polisie het intussen ’n waarskuwing aan motoriste wat van die N12 tussen die Bapsfontein- en Bronkhorstspruit-afritte gebruik maak om uiters versigtig vir voorwerpe op die padoppervlak te wees en liefs te vermy om die pad snags te gebruik.

Lees meer in die volgende uitgawe van Streeknuus.

KYK: Video oor Vrydagaand se polisie-optrede en die hulp wat aan die gewonde man verleen is.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version