Local newsLocal sportNews

Organiseerders nooi alle hengelaars na kompetisie naby Trichardt

Barmhartigheidsbediening bied hengelkompetisie aan op 26 Oktober.

Die Evangelies Gereformeerde Kerk se Barmhartigheidsbediening bied op 26 Oktober ’n hengelkompetisie by die Koos Kruger-damme wat tussen Trichardt en Bethal geleë is, aan.

Die doel van dié kompetisie is om geld in te samel vir behoeftiges.

Daar is groot pryse op die spel wat insluit ’n R2 000 en R1 000 kontantprys vir onderskeidelik die swaarste karp en baber onder die mans en onder die vroue en ’n R1 000 kontantprys vir die junior-hengelaar wat die grootste vis vang.

Kaartjies kos R200 per volwassene en R100 per kind jonger as 13. Die kompetisie skop om 06:00 af en die inweging van die visse sal om 15:00 begin.

Vir meer inligting, skakel Pieter Blaauw by 082 650 6529 of Andries Engelbrehct by 082 872 5650 of Johan Oosthuizen by 082 460 4811.



LEES OOK: Lekwa’s independent councillor toes no party line

LEES OOK: Angry residents flock to IDP meeting in Secunda

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button