Kuier en Proe saam NG Wes op Standerton

Talle stalletjies gaan beskikbaar wees vir vermaaklikheid.

Die NG Standerton Wes-gemeente sal op 26 Oktober hul jaarlikse Kuier en Proefees vier.

Dié geleentheid gaan op die kerkgronde plaasvind en beloof om vol geure te wees.

Talle stalletjies gaan beskikbaar wees vir vermaaklikheid. Jy sal beslis nie honger lei nie, met pannekoek, nagereg, pizza en vele meer.

Die hoogtepunt van die dag gaan beslis die wynparings wees, waar besoekers kan uitsien na talle smaaklike parings. Die kinders word egter nie uitgelaat nie; daar sal ook vermaak vir hulle wees.



LEES OOK: Patats, kerskouse en die boom van die jaar op VLU Delmas-tak agenda

LEES OOK: Standerton matriculants of 2024 celebrate their final school days

Exit mobile version