Local newsNews

Teksa Blommeklub-lede leer hoe om ‘uit die boks’ te dink

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 30 Oktober by te woon.

Lede van die Teksa Blommeklub het letterlik uit die boks gedink tydens hul 18 September vergadering.

Die vroue het ’n werkswinkel bygewoon waartydens elkeen plantmateriaal in bokse moes saambring en dit toe geruil het.

Elke vrou moes toe ’n rangskikking maak met die plantmateriaal wat in die boks was wat sy gekry het.

Die onderwerp van dié werkswinkel was ‘Waag dit om anders te wees’ en die doelwit was om vroue te motiveer om meer uit die boks te dink en iets anders te rangskik.

Die Teksa Blommeklub se volgende vergadering is op 30 Oktober om 09:00 in Die Rots by die NG Kerk Secunda-Oos/Goedehoop gemeente.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, skakel Sophie Hugo by 083 701 9709.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button