Delmas Robalklub wys hul klubkampioene vir 2024 aan

Die mans ope enkel kampioen is Erens Botha.

Met die einde van 2024 in sig het die Delmas Rolbalklub hul onderskeie kampioene vir 2024 bevestig.

Erens Botha is die mans ope enkelkampioen. Die mans veterane enkel kampioen is Piet Vorster en Michael Snyma is die wenner in die mans enkel beginner afdeling.

Die vroue enkelkampioen is Christelle Terblanche en die vroue beginner enkelkampioen is Hanri Ehlers.

Michael Snyman en Barry Botes het die mans pare kompetisie in die sak gesteek en Hanri Ehlers en Christelle Terblanche het die vroue pare kompetisie gewen.

Dawie Bredenkamp en Hanri Ehlers het die klub se gemengde pare kampioenskap gewen en in die getrekte pare kompetisie het Hanri Ehlers en Kobus Uys as die wenners uit die stryd getree.

Hanri Ehlers, die president van die klub, het ’n spesiale word van dank teenoor Dawie en Elsie Bredekamp uitgespreek.

“Dankie vir al die moeite en tyd wat julle insit om van ons klubkompetisies so suksesvol te maak – julle word opreg waardeer.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version