Witpoort-leerder trap goud los

Hy het ook algeheel in ’n negende plek in Suid-Afrika in sy ouderdomsgroep behaal, wat beginners en vaardige ryers insluit.

Daniel Voges, ’n leerder van Laerskool Witpoort, het uitgeblink op die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir BMX fietsryers.

Dié kompetisie het vanaf 27 tot 29 September by die Zone 7 BMX klub in die Wes-Kaap plaasgevind.

Daniel het in die beginnersafdeling (novice) deelgeneem waar hy ’n eerste plek in sy ouderdomsgroep behaal het.

Hy het ook algeheel in ’n negende plek in Suid-Afrika in sy ouderdomsgroep behaal, wat beginners en vaardige ryers insluit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version