Local newsNews

Bethal DBV hou markdag

Landsdiens-leerders daag ander skole uit om DBV te ondersteun.

Die plaaslike DBV het op 29 September ’n markdag aangebied wat gesorg het vir vermaak vir oud en jonk vir enige diereliefhebber.

Lalie Bronkhorst, komiteelid en organiseerder van dié dag, het gesê hulle is tevrede met hoe dit uitgedraai het en sy het almal vir hul ondersteuning bedank.

“Ons het baie hondekos as donasies gekry en dit help baie,” het sy gesê.

Laerskool Onverwacht van Kriel, se landsdiens-leerders het in September die Bethal DBV besoek en hondekos bymekaar gemaak en aan die DBV geskenk.

Die leerders het ook tyd met die honde bestee en met hulle gespeel. Dié leerders het ander skole uitgedaag om ook die Bethal DBV te ondersteun.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button