Local newsNews

Patats, kerskouse en die boom van die jaar op VLU Delmas-tak agenda

As deel van ’n streek projek, sal die kouse oor die feesseisoen met lekkergoed en speelgoed gevul word en onder minder bevoorregte kinders versprei word.

Die VLU Delmas-tak het op 17 September in die saal van die Hervormde Kerk op Delmas vir hul September vergadering bymekaargekom.

Met die gevoel van lente en nuwe gees het die lus vir iets nuuts die vroue behoorlik beetgepak.

Die voorsitter, Marié Terblanche, het met haar opening ’n gedeelte oor die geestelike betekenis van die Kersboom met die liggies en die geskenke voorgelees – dit aan die lig dat die lede Kerskouse sou maak.

“Die boom se groen beteken lewe in Jesus, die liggies, dat ons moet lewe met Sy lig in ons en dat Jesus se grootste geskenk aan ons die ewige lewe is deur Sy kruisdood en opstanding,” het Marié onder andere gesê.

Marié het alle lede teenwoordig. asook Elsie Bredenkamp, verwelkom. Onder lief en leed het hulle aan Madeleen Blane gedink, wie kankerbehandeling ontvang en vroeg in Oktober ’n operasie moet ondergaan.


Eileen Putter, Marié Terblanche, Belinda Duvenage en Ansie van Zyl aan die werk aan die Kerskous projek.

Nog ’n persoon op die vroue se omgeelys was Annette Steyn, streeksekretaresse, wie ’n operasie moet ondergaan.

Verjaarsdagwense het aan Eileen Putter gegaan. Hierna was die gasvroue, Belinda Duvenage en Magriet Swart bedank vir hul besonderse patatbrood en liplekker sjokolade kolwyntjies.

Dit was ook weer tyd vir miniskou en die tafels het behoorlik gekreun onder die kreatiewe inskrywings van die lede.

Mikrogolf sjokoladekoeke, klapperys, chorros met patats as bestanddeel, patat-en gemmerkonfyt, encoustiese waskuns, fotografie, ’n kledingstuk vervaardig uit reslappies en handgebreide kouse was maar enkele van die inskrywings.

Die beoordelaar, Elsie Bredenkamp, bygestaan deur Eileen Putter, het elke item behoorlik beskou, ondersoek en geproe.


Gasvrou genietinge tydens die VLU Delmas-tak se September vergaderig.

Met patats as produk van die jaar, het Marié vertel dat patats volgens oorlewering alreeds van so vroeg soos 750 vC in Peru verbou was.

“Patats is nie net laag in vet en hoog in vesel nie, maar gelaai met gesondheidsvoordele,”

Daar was verder breedvoerig uitgebrei oor die ryk bronne van vitamiene en gesondheidsvoordele wat patats inhou.

Aan die lig van Erfenismaand, het Magriet Swart die lede oor die bome van die jaar ingelig. Die Witpeer, Karee en die Bergkaree het onder die loep gekom.

“Al drie soorte bome is ideale immergroen koeltebome vir tuine en sypaadjies. Die bome het nie aggressiewe wortelstelsels nie en mors nie soveel soos hul bladwisselende boeties nie.

“Dit moet die eerste winter teen ryp beskerm word, en is verder redelik gehard teen droogte en koue,” het Magriet vertel.

Met die formaliteite en leersame inligting afgehandel was dit tyd om aan die projek kerskouse te werk.

Rondom ’n groot tafel en met groen, rooi en bont lappies het almal flink aan die werk gespring. As deel van ’n streekprojek, sal die kouse oor die feesseisoen met lekkergoed en speelgoed gevul word en onder minder bevoorregte kinders versprei word.

“Tussen al die aktiwiteite het nog ’n interessante gesellige oggend saam met vriendinne tot ’n einde gekom,” het Magriet gesê.

Enige belangstellende vrou word uitgenooi om saam te kuier of aan te sluit. Vir meer inligting kan Marié Terblanche by 083 968 2203 geskakel word.



LEES OOK: Riders trot to success at Standerton Show

LEES OOK: Delmas Gholfklub se presidentsbeker-kompetisie lok vele

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button