Gholfspelers speel vir Standerton se maandbeker

Vyf-en-twintig gholfspelers het op 5 Oktober by die Standerton Buiteklub vergader om aan die Monthly Mug kompetisie deel te neem.

Die Standerton Buiteklub het op 5 Oktober hul maandbeker kompetisie aangebied waar 25 spelers die baan aangedurf het.

Gerrit Coetzee het in die A-afdeling 71 houe gespeel, gevolg deur Casper Roux (72 net) en Kobie Coetzee (76 net).

Johan Griesel het 76 net op sy telkaart ingevul en Stephen Nortje het die dag afgesluit met 82 net.
Patrizia Lombard het met 73 net die B-afdeling vir die vroue gewen.

Theuns Adendorff en James Bonthuyzen het elkeen 73 net in die B-afdeling gehad. NT Coetzee het 74 net gespeel.


LEES OOK: Ouerpaar trap tandemfiets in ysige weer ten bate van Laerskool Eloff


Herman Mynhardt het 75 net gekry, gevolg deur Deon Grimsell (76), Nico Lombard (77) en Attie Mouton (78). Werner Mouton het met 78 net huiswaarts gekeer.

Rikus White en Aldo Arnaldi het albei 81 net op hul telkaarte ingevul. Drikus Degenaar het 83 net verkry en Jore Nortje het die dag afgesluit met 84 net. Willie van Wyk het in die C-afdeling 41 punte gerkry. Jacques Scholtz het 38 punte bymekaargemaak.

Adri Mynhardt het huiswaarts gekeer met 38 punte, gevolg deur Gerhard Brits (32) en Gerrit Nel (31).

André Klynhans het 23 punte op sy telkaart ingevul en Francois Cronje het die dag afgesluit met 23 punte.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version