Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Hoërskool Delmas se Kokkedore voltooi laaste praktiese eksamen

So tussen die bak-en-brou en met liplekker ‘kunswerke’ aan die einde van die sessie het die klas hul prakties vir die jaar afgesluit.

Die Graad 12-verbruikerstudieklas van Hoërskool Delmas het hul praktiese eindeksamen aan die einde van die derde kwartaal afgelê.

So tussen die bak-en-brou en met liplekker ‘kunswerke’ het die klas aan die hand van hul bekwame leermeester, Jorina Buitendag, hulle skool-kokkedoor-jare afgesluit.

“So het my Graad 12-leerders dan aan die einde van hul kokkedoor-jare op skool gekom. Ek wens elkeen geluk met hul uitstekende kookvaardighede en sterkte met die matriekeindeksamen wat voorlê,” het Buitendag laat hoor.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button