Heidi-kleuters kuier in speelgoeland en vermaak gehore

Met vanjaar se tema ‘speelgoedland’ het die kleingoed hul harte uitgedans en gesing.

Heidi Kleuterskool op Delmas se 2024 konsert het vir groot vermaak vir oud en jonk gesorg. Die konsert het op 19 September in die saal van Hoërskool Delmas plaasgevind en die twee vertonings het om 09:00 en 18:00 op die verhoog uitgespeel.

Met vanjaar se tema ‘speelgoedland’ het die kleingoed hul harte uitgedans en gesing, maar nie voor die onderwysers weer hul immergewilde vertoning op die verhoog gehad het nie.

Op die maat van liedjies soos Eendjies, eendjies, Vissies in die water, Wamkelelike, Red Balloon, Under the Sea, Blinkvosperd, Vaya Papaya, Shake it off en vele meer het die Heidi-maatjies vir kleurvolle pret vir mamma en pappa, oupa en ouma, boeties en sussies, skoolhoofde en gaste gesorg.

Die hoof van Heidi Kleuterskool, Riëtte Wheller, bedank Hoërskool Delmas vir die gebruik van die skoolsaal, die personeel vir hul toewyding en harde werk asook elkeen wat ’n bydrae gelewer het tot die sukses van vanjaar se konsert.

“Heidi-juffies is die beste en ons is super trots op ons kleuters.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version