Die Delmas Diereskuiling het jou hulp nodig

“Elke bydrae, hoe klein of groot ookal, word met ope arms verwelkom.”

Ma- en dogterspan, Jorinda en Jolandie Verwey en is bekend vir hul omgee vir weggooi- en mishandelde diere.

Hul niewinsgewende organisasie, Delmas Diereskuiling, of beter bekend as die Delmas Animal Shelter (DAS) is totaal afhanklik van skenkings vanaf die publiek.

Nie net versorg DAS honde en katte nie, maar ook ’n verskeidenheid van plaasdiere wat meestal weens haglike omstandighede in hul sorg beland.

Volgens Jolandie beloop hul veeartskostes baie hoog aangesien die katte en honde gesterisliseer, ontwurm en ingeent moet word voordat hulle na nuwe tuistes uitgeplaas kan word. Baie van die diere beland ook beseer en mishandel op die voorstoep van DAS en moet deur veeartse behandel word.”


Liefdevolle Lionel is beskikbaar vir aanneming by die Delmas Animal Shelter, ook bekend as DAS.

“Ons het groot uitgawes ten opsigte van die voer van ons diere.”

Ons doen daarom ’n beroep op die publiek vir droë- en nat kat- en hondekos, maar ook voerbale vir ons plaasdiere.

Grys komberse, dierespeelgoed, kruiwaens, skoonmaakmiddels, houtpalette en enige boumateriaal is ook van groot belang vir DAS.

Huur, die elektrisiteitsrekening en salarisse moet boonop ook op ’n maandelikse basis betaal word.


JR is tans by die Delmas Animal Shelter en vra om aangeneem te word.

DAS doen ’n dringende beroep aan elkeen om hul by te staan in hierdie behoeftes ten einde die beste te kan gee vir die diere in hul sorg,

“Deur ’n hond of kat van ’n liefdevolle huis te voorsien, is ’n opsigself ’n groot skenking vir ons. Kom kyk gerus – daar is baie liefdevolle diere wat smag na nuwe tuistes. Elke bydrae, hoe klein of groot, word met ope arms verwelkom.”

Daar is ook verskeie afsetpunte vir skenkings beskikbaar.

Indien iemand vir DAS sou wou help, hetsy met skenkings, kontantbydraes, aanneming of deur ’n dier deur middel van ’n maandelikse bydrae te borg, kan Jorinda by 076 808 6684 of Jolandie by 060 613 1048 gekontak word.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version