Vermeende dwelmhandelaars ry aan die pen tydens gesamentlike operasie op Delmas

Volgens inligting het die span op 25 September om 13:00 op moontlike dwelmbrandpunte in Sarel Cilliersstraat op Delmas toegeslaan.

’n Gesamentlike operasie tussen die Delmas Polisie, Middelburg K9-eenheid en verskeie ander veiligheidsinstansies het tot die inhegtenisneming van vermeende dwelmhandelaars op Delmas gelei.

Volgens inligting het die span op 25 September om 13:00 op moontlike dwelmbrandpunte in Sarel Cilliersstraat op Delmas toegeslaan.

Tydens die operasie is twee verdagtes in hegtenis geneem en is daar ook beslag gelê op wat vermoed word dwelms is, asook verskeie items wat moontlik met dwelmgebruik verband hou.

AfriForum Valke buurtwag proto- en reaksielede asook lede van AAA Sekuriteit het nou saam met die polisie gewerk om die operasie vlot te laat verloop.

Die twee verdagtes het op 26 September in die Delmas Landdroshof verskyn. Streeknuus kon teen druktyd geen verdere inligting rondom die twee verdagtes se identiteit, klagtes of borgvoorwaardes vanaf die Delmas polisie verkry nie.

Streeknuus het wel verneem dat beide verdagtes vrygelaat is hangende die uitslag van die forensiese verslag rakende die vermeende dwelms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version