Local newsLocal sportNews

Kerk nooi hengelaars na kompetisie naby Trichardt

Evangelies Gereformeerde Kerk barmhartigheidsbediening bied hengelkompetisie aan.

Die barmhartigheidsbediening van die Evangelies Gereformeerde Kerk bied op 26 Oktober ’n hengelkompetisie aan by die Koos Kruger damme, wat tussen Trichardt en Bethal geleë is.

Die doel van dié kompetisie is om geld in te samel vir behoeftiges.

Daar is groot pryse op die spel wat ’n R2 000 en R1 000 kontantprys vir onderskeidelik die swaarste karp en baber onder die mans en onder die vroue insluit en ’n R1 000 kontantprys vir die junior-hengelaar wat die grootste vis vang.

Kaartjies kos R200 per volwassene en R100 per kind jonger as 13 jaar. Die kompetisie skop om 06:00 af en die inweging van die visse sal om 15:00 begin.

Vir meer inligting, skakel Pieter Blaauw by 082 650 6529 of Andries Engelbrehct by 082 872 5650 of Johan Oosthuizen by 082 460 4811.



LEES OOK: Vier Erfenisdag saam met AfriForum Bronkhorstspruit-tak

LEES OOK: AfriForum versoek VKLM om betalingsooreenkoms met Rand Water te onderteken

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button