Honde word in Standerton opgelei om te beskerm

Erick Green lei die beskermingshonde honde op ’n spelerige manier op.

Deur die geskiedenis van menslike ontwikkeling het honde ’n groot rol in menige sektore gespeel.
Beste vriend, bekermer, harde werker; honde vervul al hierdie rolle en nog meer.

“Die belangrikste rol wat ’n hond kan vervul, is sy rol as beskermer,” verduidelik Erick Green, honde-opleier vir Bakgat K9 op Standerton.

Green het verduidelik dat hoewel enige hond opgelei kan word vir spesiale dienste, word rasse soos die Belgiese Malinois, Duitse herdershond, Nederlandse herdershond, goue retriever en Rottweiler meer algemeen gebruik.

“Honde kan in drie rigtings opgelei word,” het Green gesê.

Hy het verduidelik dat honde opgelei kan word vir beskerming, opsporing of spoorsny. Sekere honde word in verskeie rigtings opgelei en kan selfs al drie rolle vervul.

Honde word so jonk as vier weeke oud reeds vir opleiding voorberei.” het Green verduidelik.

Op ses weke begin die volslae opleiding vir gehoorsaamheid. Die rol van ’n beskermingshond is om die hanteerder te beskerm.


Erick Green en Jaco du Plessis staan saam Koedoe en Danger.

Erick het hierdie opleiding gedemonstreer met sy eie Belgiese Mainous, Koedoe en Jaco du Plessis se hond, Danger.

In dié rigting word honde opgelei om ’n vlag te jaag, hulle byt word bevorder deur die wors, ’n duk tou wat die hond die inisiatief om te byt, aanleer. Daarna word die honde bevorder na die arm en moontlik na die bytpak.

“Die bytpak word nie meer algemeen gebruik in basiese opleiding nie, omdat nuwe regulasies hanteerders aanspoor om honde op te lei om vir die arm te mik om minimale skade aan te rig,” het Green verduidelik.


Erick Green simuleer ’n gevaar situasie om Koedoe op te lei.

Opsporingshonde word algemeen gebruik om dwelms, wapens en vele meer op te spoor. Hierdie honde leer reuke onderskei deur middel van ’n bal.

Honde leer ken die reuk van die bal en dit word dan later vervang met items wat die hond moontlik in die veld gaan moet uitruik.

Spoorsnyhonde word opgelei deur middel van beloning. Hulle begin op kleiner spore en word geleidelik opgelei om op tot en met 8km spore te kan volg.

“Beskermingshonde moet vriendelik en spelerig kan wees,” het Green verduidelik.

Die honde is algemeen vreeslik liefdevol en sal slegs in hul rolle inpring om die hanteerder te beskerm wanneer kernwoorde gebruik word.

Honde kan vanaf een jaar oud begin werk; en opleiding hou daagliks aan tot die hond afgetree word.
Dié honde is ook uiters fiks en volg ’n streng dieet.

“Wanneer hulle klein is, kry die hondjies drie maal per dag kos om seker te maak hul groei word nie vertraag nie, vanaf vyf maande kry hul twee keer ’n dag kos en vanaf 10 maande net een keer,” het Green verduidelik.

Rou voer soos ‘pet mince’ vorm ook ’n groot deel van hulle dieet. Green waarsku alle honde-eienaars om eerder vir hul honde rou bene te voer, omdat dit makliker verteer as bene wat gaar gemaak is.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version