VLU op Delmas besin oor streekberaad en leer van laslappie plekmatjies

“Ons voel sommer beter oor onsself en het nuwe perspektief oor wie ons in Christus is.”

Met die onlangse streekberaad was die vroue van die VLU Delmas-tak nog vol gesels oor dié spesiale gebeurtenis in VLU kringe.

Die tak se maandvergadering het op 27 Augustus in die saal van die Hervormde Kerk op Delmas plaasgevind en daar was met groot opgewondenheid terugvoer gedeel.

Die voorsitter, Marié Terblanche, het die vroue oorsig oor die streek geleentheid gegee. Terblanche het ook weer die tak se trots met Ansie bvan Zyl uitgespreek. Van Zyl het met twee tweede plek pryse vanaf die kongres huistoe gekeer.

Vir masjienwerk het van Zyl ’n bloes met ’n interessante kraag ingeskryf en 79% gekry, slegs 2% minder as die wenner. Vir breiwerk het sy ’n kantagtige vrouetrui ingeskryf en 82% behaal, slegs 1% minder as die wenner.

“As tak is ons baie trots op Ansie – dit maak ook ons ook trots wanner ons lede hulself so uitstekend van hul taak kwyt,” het Magriet Swart, die skakelbeampte gesê.


LEES OOK: Municipality remove illegal connections in eMbalenhle


Belinda Duvenhage het ook by vanjaar se kongres vir Hendriët Prinsloo as sameroeper van die streekbeoordelaars ingestaan en beklee sy ook die pos as streektesourier.

“Ons tak is besonders geseënd, want ons eie voorsitter is nie net die vise voorsitter van die streek nie, maar was boonop ook deur Alna Kapp, die president van die VLU Mpumalanga (VLU MP) geloof vir haar uistekende diens as die sekretaresse van die VLU MP.”

Met die formaliteite afgehandel was dit tyd vir die oggend se gasspreker, Patrys Franken om die vroue meer te vertel oor voorkoms en hoe om die beste te maak van elkeen se eie en unieke karaktereienskappe. Inligting rondom liggaamsvorm, grimering en die regte kleure was onder die vroue gedeel.

Franken wat al langer as 20 jaar as voorkomskonsultant werk, het die vroue meegedeel dit is steeds vir haar ’n groot voorreg om elke vrou te lei in haar uniekheid; net soos wat die Skepper oor haar gedroom het.

Jané Oosterhuis het vir Franken bedank vir die waardevolle inligting wat sy met die taklede gedeel het.


LEES OOK: GMM welcomes investigation into theatre money


“Ons voel sommer beter oor onsself en het nuwe perspektief oor wie ons in Christus is,” het Oosterhuis gesê.

Om die vergadering op ’n eg tradisionele manier af te sluit, het Margaret Bezuidenhout die lede toegelig oor laslappie plekmatjies.

“Sy het verduidelik hoe om skuinsband te heg sonder dat mens dit kan sien, asook ’n paar maniere om die skuinsband aan te werk,” het Swart vertel.

“Jeanette Scheepers het ook verder raad gegee oor hoe om skuinsband netjies aan te werk. Dit was weer eens ’n heerlike inspirenede en motiverende oggend,” het Swart afgesluit.

Enige vrou graag wil gaan kuier of meer wil uitvind omtrent die VLU kan die voorsitter Marié Terblanche by 083 968 2203 skakel.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version