Standertonners gaan soek die sneeu

Talle Standertonners het op 21 September in elke rigting vertrek, op soek na sneeu.

Die oggend van 21 September het afgeskop met ’n welkome verrassing. Suid-Afrikaners van vêr en wyd kon by hul ruite uitkyk en ’n prentjiemooi winterwonderwêreld beleef.

Hoewel dié droom nie vir Standertonners beskore was nie, was omliggende gebiede onder ’n wit sneeu-kombers bedek.

Talle inwoners van Standerton het hul warmste baadjies gegryp en die dag op ander plekke aangedurf.

Heinrigh Stander en Erich van Eden het die lang pad na Ladysmith behartig.

“Ons het nie verwag om sneeu op Volksrust al te kry nie,” het Stander verduidelik.

Volgens hom het die sneeu al meer dig geraak soos hul nader aan hul bestemming gekruip het. Die twee het talle ongelukke teëgekom op dié avontuur, insluitend vragmotors, bussies en motorvoertuie wat op die pad gegly het weëns die sneeu.

Op ’n ligter noot het Stander verduidelik hoe die plaaslike inwoners die stadige verkeer aangegryp het as ’n geleentheid om ’n sneeubal oorlog te begin.

“Almal in die gemeenskap het saam gespeel en mekaar met sneeuballe oorval,” het Stander gesê.

Sommige van Standerton se sneeu-soekers het hul foto’s met die Standerton Advertiser gedeel.


LEES OOK: Afriforum druk Lekwa vir verlaagde elektrisiteitstariewe

LEES OOK: Water painting techniques demonstrated at Suikerbekkies meeting in Secunda


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version