Dellies versnel in snelbal

Vanjaar het die skool se snelspan tydens die Nkangala liga in die finaal teen Hoërskool Middelburg vasgeval, maar steeds ’n silwermedalje behaal.

Hoërskool Delmas het behoorlik geskiedenis gemaak toe hul snelbal-span vir die Suid-Afrikaanse Skole Netbal (SANS) se ‘Fast 5’ gekwalkifiseer het.

Volgens Ella Wessels het die skool slegs drie jaar gelede begin om die sport te beoefen.

“In die kort tyd het hulle die leer behoorlik geklim.”

Vanjaar het die skool se snelspan tydens die Nkangala Liga in die eindstryd teen Hoërskool Middelburg vasgeval, maar steeds ’n silwermedalje behaal.

Hiermee het hulle na die Mpumalanga-uitspele in Ermelo deurgedring waar die span van Dellies vir onder andere Hoërskool Secunda geklop het.

Die snelspan van Dellies het dus opslae gemaak deur vir die SANS 5 nasionale kampioenskappe te kwalifiseer en vir die eerste keer in Dellies se geskiedenis is daar ’n span wat hul skool op nasionale vlak gaan verteenwoordig.

Teen druktyd sou die toernooi op 23 en 24 September by Hoërskool Concordia in Boksburg plaasvind.



LEES OOK: Shack in eMbalenhle is damaged during excavation

LEES OOK: GMM should advertise IDP meetings better, says Secunda AfriForum

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version