Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Rolbalspelers gaan Delmas by Ekurhuleni Colts and Fillies verteenwoordig

“Dit was vir ons ’n groot eer en voorreg, want tydens die komeptisie ding al die klubkampioene in die Ekuhuleni distrik mee in die gesogte Kampioen van Kampioene-kompetisie.”

Nicolene Visser, Hanri Ehlers en Barney Lategan van die Delmas Rolbalkub is gekies om die klub by Ekurhuleni Colts and Fillies te verteenwoordig.

Dié kompetsie vind op 28 en 29 September in die Sables distrik by die Krugersdorp Rolbalklub plaas.
Delmas se rolbalklub vaar uitstekend vanjaar.

Tydens die Pakmed Kampioen van Kampioene op 7 en 8 September het vier van die klublede op die baan uitgestap.

Piet Vorster het in die veterane mans-afdeling meegeding, Michael Snyman in die mans beginner-groep, Hanri Ehlers in die vroue beginner en Christelle Terblanche het in die vroue ope klas meegeding.


Hanri Ehlers van die Delmas Rolbalklub is as 2024 se vroue beginner kampioen gekroon.

“Dit was vir ons ’n eer en voorreg, want tydens dié gesogte kompetisie ding die klubkampioene van al die klubs in die Ekuhuleni distrik mee,” het Hanri Ehlers, die president van die Delmas Rolbalklub, laat hoor.

Volgens Ehlers het beide Vorster en Snyman hulle goed van hul taak gekwyt en slegs met enkele skote op die volgende rondte uitgemis.

Ehlers het veduidelik dit was in uitklop-formaat gespeel en as jy verloor, jy dus uit die kompetisie is.
Christelle het na die kwartfinaal deurgedring.

Ehlers het teen haar gedugte teenstander, Odette Swanepoel, van die Kemptonpark Rolbalklub te staan gekom en het daarin geslaag om Swanepoel met 21-11 te klop. Met dié oorwinning was Ehlers as die 2024 vroue beginner kampioen gekroon.


Hanri Ehlers is gekroon as die Pakmed Kampioen van Kampioene in die vroue beginner afdeling.

Ehlers was verder ook genooi na om aan die Ekurhuleni Bowls meesterstoernooi deel te neem en ook hier het sy uitstekend gevaar.

Nog ’n klublid, Gustav van Schalkwyk, is gekies vir die o30 EKB BSA interdistrikte span. Die kompetsie was op die naweek van 20 September in Pietermaritzburg.

“Drie van ons klublede, Karin van Rensburg, Chris van Rensburg en Ellie Niewoudt het ook onlangs ’n vlak een afrigtingskursus bygewoon.

“Delmas Rolbalklub is trots op al ons lede en waardeer almal se getroue ondersteuning; ons sien uit na die afskop van die nuwe seisoen,” het Ehlers afgesluit.




ALSO READ: Karateka compete in the Karate South Africa League Two

ALSO READ: Ouerpaar trap tandemfiets in ysige weer ten bate van Laerskool Eloff

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button