AfriForum se groentetuin op Bethal lewer weer groot oes

Organisasie kan baie help met kos.

Die gemeenskapsgroentetuin van AfriForum se plaaslike tak het vanjaar reeds een ton groente opgelewer.

Dié groentetuin wat in 2020 begin is, het onlangs nóg ’n groot oes gelewer toe meer as 250kg spinasie verkry is.

Dié spinasie is geskenk aan verskeie organisasies, wat die Bethal Sopkombuis, Silwerjare Ouetehuis en Solidariteit Helpende Hand se Morgenzon-tak insluit.

Die lede van Bethal AfriForum-tak berei tans voor om binne die volgende paar weke tamaties en aartappels aan te plant.

Marilé Nieuwoudt, die koördineerder van die groentetuinprojek, het gesê dit sal die bestaande aanplantings, wat uit uie en spinasie bestaan, goed aanvul.

Die uie sal binne die volgende twee maande geoes word en aan behoeftiges op Bethal geskenk word.

“Die groentetuin lewer gereeld groot oeste op, wat dan aan dié wat dit nodig het in ons gemeenskap, geskenk word,” het Nieuwoudt gesê.

“Met die groentetuin moedig ons nie net die gemeenskap aan om selfstandig te word nie, maar dit help maandeliks soveel tehuise in die omgewing.”



LEES OOK: Money matters cause looming water supply drop says DA from Delmas 

LEES OOK: Cullinan Art Mixup: A unique exhibition at HK Contemporary Art Museum

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version