Local newsMunicipalNews

VF Plus verseker verandering in Lekwa

Raadslid Wilma Venter hoop dat die pas geïnstalleerde stormwaterpype die oortollige water doeltreffend sal hanteer en die risiko van toekomstige oorstromings aansienlik sal verminder.

VF+ Raadslid, Wilma Venter, het verlede week plaaslike verbeteringe wat na vore gekom het weens druk van die VF+ in ’n mediaverklaring uitgelig.

“Die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit het eindelik na volgehoue druk van die VF Plus nou begin om verouderde en stukkende stormwaterpype in Standerton vervang,” het Venter gesê.

Volgens die verklaring volg dié verbeteringe op jare se aanhoudende oorstromings, met die grootste probleem-gebiede in Coligny- en Leydstrate.

Vir jare het die oorstromings by die Kieser Reservoir skade vir omliggende strate veroorsaak en huiseienaars in die gebied het erge waterskade in hul erwe opgedoen.

“Die onvoldoende kapasiteit van die ou stormwaterpype en verstoppings het dit moeilik gemaak vir oortollige water om weg te vloei, wat die situasie in ’n aanhouende nagmerrie vir inwoners laat ontaard het,” het Venter gesê.

Venter hoop dat die pas geïnstalleerde stormwaterpype die oortollige water doeltreffend sal hanteer en die risiko van toekomstige oorstromings aansienlik sal verminder. Volgens die verklaring kom die opgraderings net betyds vir die voltooiing van die nuwe Kieser Reservoir.

“Daar word gretig gewag op die finale inbedryfstelling van die Kieser Reservoir wat na bewering ’n einde aan voortslepende waterprobleme sal bring,” het Venter gesê.

Die VF Plus het ook die munisipaliteit gedruk om aandag te gee aan die rioolkrisis in Charl Cilliersstraat.

Volgens die verklaring het die munisipaliteit reeds verlede maand begin om die ou pype te vervang.


LEES OOK: Dellies drink tee saam die nimlike Nadine


“Die VF Plus verwelkom hierdie langtermynoplossing nadat dreine vir etlike maande oorvloei het weens blokkasies,” het Venter gesê.

Dié rioolprobleme was ’n gesondheidsgevaar vir die gemeenskap omdat rou riool vrylik in strate af gestroom het en selfs erwe ingestroom het.

Volgens Venter het die munisipaliteit vantevore slegs korttermynoplossings gebied op inwoners se klagtes.

“Die situasie het ’n onaanvaarbare vlak bereik en die VF Plus het die probleem verspoedig na die munisipale bestuurder, Malosi Lamola,” het Venter bygevoeg.

Die party sal vordering in die gebiede noukeurig monitor om te verseker dat die werk voltooi word volgens die hoogste standaard.



LEES OOK: Vier Erfenisdag saam met AfriForum Bronkhorstspruit-tak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button