Local newsNewsSchools

Oud-hoofseun praat by Kalies op Standerton

Sakkie Zwarts was tussen die eerste leerders wat die skool bygewoon het en is in 1960 aangewys as hoofseun.

Oud-hoofseun Sakkie Zwarts het op 16 September by Laerskool Kalie de Haas die leerders toegespreek.

Zwarts was tussen die eerste leerders wat die skool bygewoon het en is in 1960 aangewys as hoofseun.

In sy toespraak aan die huidige leerders het Zwarts vertel hoe hy op die eerste dag van skool terug na sy huis geloop het nog voor die skooldag kon begin.

“Ek het nie gedink dat iets so vinnig sal kan groei nie,” het Zwarts opgemerk.

Hy het verduidelik die sportveld was eens op die speelgrond wat nou langs die saal is.

“Die herinneringe wat julle nou maak, bly altyd by jou,” het hy bygevoeg.

Zwarts het self vier van sy eie kinders in Kalie de Haas gehad waarvan elkeen deel gevorm het van die leerlingraad.

Om die saalopening af te sluit het skoolhoof Sakkie Boshoff die leerders herinner, “Ek stop nie omdat ek moeg is nie, ek stop omdat ek klaar is.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button