Local newsNews

Nooddienste wys hul staal by Standerton Skou

Nooddienste in Standerton het op 14 September by die Standerton Landbou Skou ’n demonstrasie gebied wat propvol spanning was.

Die polisie en verskeie nooddienste het op 14 September aan ’n skyn-noodgeval by die skougronde deelgeneem.

Die demonstrasie is afgeskop met die honde-eenheid wat ’n kamma-verdagte in ’n bytpak gejaag het.

Volgende, het nooddienste gedemonstreer hoe hulle slagoffers uit ’n voertuig sny in ’n regte ongeluk scenario.
Passasiers is uit die voertuig gehaal en in die ambulans gelaai.

Een van die slagoffers is per helikopter vervoer. Die brandweer het gedemonstreer hoe hulle ’n brandende voertuig blus.

Die voertuie is verwyder deur All Star Towing.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button