Delmas Gholfklub se presidentsbeker-kompetisie lok vele

Die spesiale geleentheid was die klub se presidentsbeker-kompetsie en onder die leiding van die president van die klub, Ivan Kirsten, het daar 41 spelers aan die gewilde kompetisie deelgeneem.

Delmas se gholfklub het gewemel van spelers op 14 September. Die spesiale geleentheid was die klub se presidentsbeker-kompetsie en onder die leiding van die president van die klub, Ivan Kirsten, het daar 41 spelers aan die gewilde kompetisie deelgeneem.

Na afloop van die dag se spel het die klubkaptein, Adriaan Benadie, die prysuitdeling waargeneem.

Sifiso Masuku het in die eerste plek geëindig, met Barend Kruger tweede, Werner Venter was in die derde plek,

Conrad Bezuidenhout vierde en Zandré Viljoen het vyfde geëindig. Kirsten het al die lede en besoekers bedank vir hul ondersteuning aan die klub.


Madel en Kobus Fourie kuier saam by die Delmas Gholfklub.

“Dit is julle wat hierdie spesiale gholfdae moontlik maak en sodoende die voorbestaan van ons klub verseker,” het Kirsten gesê.

Kirsten het verder sy mede-komiteelede bedank vir hul onbaatsugtige bystand en harde werk.

“Dankie ook aan Hannes van der Walt en sy span vir die instandhouding van ons baan,” het Kirsten bygevoeg.

Hy het ook die borge bedank en ook vir Trudie Mare vir die versiering van die saal en die opknapping van die tuine. Al die spelers en besoekers was dit eens dat die dag se gholf uitstekend was.




LEES OOK: Lekwa Local Municipality flogs assets, DA asks where is the money

LEES OOK: Cullinan Art Mixup: A unique exhibition at HK Contemporary Art Museum

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version