Bekende in Rayton en Cullinan se veiligheidskringe sterf

Van der Linde, beter bekend as Johann Vyf, was die patrolliekoördineerder vir sektor vier van die Cullinan / Rayton gemeenskapspolisiëringsforum (GPF).

Johann van der Linde is op 20 September in die Steve Biko Hospitaal in Pretoria oorlede.

Van der Linde, beter bekend as Johann Vyf, was die patrolliekoördineerder vir sektor vier van die Cullinan / Rayton gemeenskapspolisiëringsforum (GPF).

Volgens inligting het hy in die vroeë oggendure op 3 September op ’n poging tot inbraak in die Rayton-omgewing reageer waar hy homself in ’ vermeende inbreker se mes vasgeloop het.

Verskeie operasies het gevolg, maar op 19 September het hy ’n terugslag gehad en is hy weer na die intensiewe sorg-eenheid oorgeplaas.

Van der Linde se afsterwe het skokgolwe deur deur die gemeenskap van Rayton en Cullinan gestuur en medelye word wyd gedeel.

Hy was bekend vir sy onbaatsugtige gemeenskapsdiens en dan veral ten opsigte van die veiligheid van die gemeenskap van Cullinan en Rayton.

Cullinan se GPF het hul medelye met Van der Linde se vrou, gesin en vriende uitgespreek.



LEES OOK: GPF staatmaker op Rayton in hoësorg opgeneem na mesaanval

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version