Jong ringbalspan van Secunda gaan na SAs

Belangstellendes is welkom om te begin ringbal speel.

’n o13 Ringbalspan van Secunda is gekies om vir Nkangala te speel in die Suid-Afrikaanse Ringbalkampioenskap wat vanaf 22 tot 28 September by Camp Discovery plaasvind.

Dié span bestaan uit Adelee van Wyk, Kiyahna Mouton, Abigael van Aswegen, Kayleigh Ries, Luanique Visser (onder kaptein), Zianè Vermaak, Miankè van der Watt, Lezandri van der Berg (kaptein), Janaé de Wet, Tessa Visser (hoof afrigter) en Jossy Jonker (hulp-afrigter).

Die organiseerders van dié span wil graag volgende jaar ’n span vanaf die Gert Sibande streek stuur om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem, maar hulle kort spelers.

Kinders tussen agt en 18 jaar oud wat wil ringbal speel, is welkom om by dié groep aan te sluit.

Vir meer inligting, skakel Visser by 079 182 0497.



LEES OOK: Bejaardes geniet Standerton Skou Bejaardefunksie

LEES OOK: Laerskool Delmas se jong krieketspelers presteer tydens toernooi

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version