Laerskool Delmas se jong krieketspelers presteer tydens toernooi

Nog ’n eer het die spelers van Laerskool Delmas te beurt geval toe hul talentvolle jong o11-speler, Petrus Labuschagne, as kolwer, sowel as speler van die toernooi aangewys was.

’n Ses-aan-’n-kant krieket toernooi was op 7 September op die gronde van Hoërskool Delmas aangebied.

Die kompetisie het om 08:00 afgeskop en deelnemende skole was die o11- en o13-spanne van die laerskole van Delmas, Dalview en Môrewag.

Die kompetisie en die wind was ewe sterk, die onderskeie spanne het hul harte uitgespeel en die gees was aanvoelbaar.

Oud-onderwyser Bokkie Pretorius was ook weer daar met sy kwinkslae en vrolike musiek om die spelers en toeskouers aan te moedig.


LEES OOK: Lekwa Local Municipality flogs assets, DA asks where is the money


Teen die einde van die dag se spel het Dellies se o11-spelers as wenners uit die stryd getree.

Ook die eerste span was as die plaat-wenners gekroon.

Nog ’n eer het die spelers van Laerskool Delmas te beurt geval toe hul talentvolle jong speler, Petrus Labuschagne, as kolwer, sowel as speler van die toernooi aangewys was.

Die skoolhoof, Johan Pieterse, afrigters en personeel wens die spanne baie geluk met die dag se goeie resultate en bedank al die deelnemende skole.


LEES OOK: eMzinoni’s cancer-stricken twins finally get ANC-promised house


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version