Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Cullies stuur vier spelers rugby sewes toe

“Na soveel jare wat daar nie rugby gespeel was nie, is dit wonderlik om weer rugbygees in ons skool te hê.”

Vyf van Cullinan Secondary School se rugbyspelers was genomineer vir die provinsiale sewes rugby.

Tydens die uitdunne wat op 7 September op Loftus Versveld se B-baan plaasgevind het, was vier van Hoërskool Cullinan se spelers gekeur.

Hierdie vier spelers sal deel uitmaak vir die span wat vir die Blou Bulle rugbyunie provinsiale spanne op die veld draf.

Die toernooi skop in Oktober af. Die spelers wat gekeur is om Cullies te verteenwoordig is Ofentse Shawa, Neo Mahlangu, Tshegofatso Monama en Elijah Miya.

Ander spelers in die toernooi word deur skole soos Nellmapius, Shoshanguve en meer verteenwoordig.


LEES OOK: Murder cases in Standerton spike in recent weeks


Volgens die span se afrigter, Louise de Coning, is dit ’n baie groot eer wat die skool tebeurt val.

“Ek kon Cullies se spelers onder hande neem en moes van onder af begin met hul rugbyopleiding – die spelers het geen ondervinding van die sport gehad nie.”

De Coning bedank die borge, D-Force Alarm en Cullinan Hardeware vir hul bydraes om die sport van rugby weer op die been te bring by die skool.

“Na soveel jare wat daar nie rugby gespeel was nie, is dit wonderlik om weer rugbygees in ons skool te hê,” het De Coning ook gesê.

“Ons wil graag hiermee wys dat rugby en sport weer in ons skool herleef.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button