Local newsNews

Bejaardes geniet Standerton Skou Bejaardefunksie

Dié geleentheid het op 12 September om 10:00 by die skougronde begin.

Die Standerton Landbou Skou het oudergewoonte ’n funksie vir die bejaardes in die gemeenskap aangebied op die oggend wat die skou amptelik geopen is.

Dié geleentheid het op 12 September om 10:00 by die skougronde begin. Gaste het gesellig verkeer en verskeie vingerkosse geniet terwyl klaviermusiek die lug gevul het.

Hoewel teleurstelling kop uitgesteek het oor die kunstenaar wat moes optree skielik gekanselleer het, het die bejaardes steeds ’n vrolike dag gehad.

Die bejaardefunksie is gevolg deur die amptelike opening van die Standerton Landbou Skou, waar raadslid Wilma Venter die lint geknip en die skou amptelik oop verklaar het.




ALSO CHECK: eMzinoni’s cancer-stricken twins finally get ANC-promised house

ALSO CHECK: Mkhonza twins are still waiting for their promised house in eMzinoni

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button