Delmas VLU-tak betree die rooi tapyt tydens glansgeleentheid

Die standaard en die verbeeldingryke koeke het glo behoorlik die beoordelaars se asem weg geslaan met ’n proe-sensasie as bonus.

Die Vroue landbou Unie se Mpumalanga kongres vir 2024 was op 21 en 22 Augustus by die Olifants River Lodge in Middelburg aangebied.

Delmas VLU-lede wat die kongres bygewoon het was Marié Terblanche, takvoorsittter, adjunk-streekvoorsitter en sekretaresse van VLU Mpumalanga, Belinda Duvenage, tak-tesourier asook tesourier van Carpe Diem-streek, Ansie van Zyl, tak sekretaresse, Jané Oosterhuis, adjunk-takvoorsitter en Magriet Swart, tak-skakel.

“Ons aankoms by die Olifants River Lodge was met verwagting en opgewondenheid begroet. Ons het ons slaapplekkies gevind en in goeie gees ons kamermaats van ander takke ontmoet,” het Swart laat hoor.

“Die uitvoerende bestuur se wekelange voorbereidings het die kongres baie glad laat verloop.”

Volgens Swart was die saal keurig versier en elke sitplek met die streeksnaam gemerk.

“Geskenkpakkies, gewaardeerde pen en notapapiertjies, water en lekkergoed het seker gemaak dat elke kongresganger tuis gevoel het.”

Volgens Swart was daar twee geborgde kompetisies wat landswyd van stapel gestuur was. Die Miami-kompetisie was tweërly; met enige Miami-produk as bestandeel, moes daar ’n broodjie gebak word asook ’n tamatie-smoor gemaak word met die Boerie relish as basis.

Rolkem se kompetisie het ’n sprokie-koek behels, met die klem op Rolkem-produkte wat gebruik sou word as geursel en kleursel.

Die standaard en die verbeeldingryke koeke het glo behoorlik die beoordelaars se asem weg geslaan met ’n proe-sensasie as bonus.

“Sjef Andries Kemp van Rolkem het ook elke dag demonstrasies gelewer en baie wenke is uitgedeel wat mens sal bybly,” het Swart bygevoeg.

Cordelia was die gaskunstenaar en afgewissel met liedjies tussendeur, sy het haar lewensverhaal gedeel.

“Sy is dinamies maar tog sag op die oor. Haar vertellings tref mens diep, dit was ’n getuienis van hoe spesiaal sy is met ’n plan vir haar lewe.”

Teen die aand was dit ’n rooi-tapyt gala-aand geleentheid met die tema “Night with the Stars” in ’n baie mooi versierde saal met liggies en smaakvolle tafelgerei.

Hiertydens het Manie Jackson as gaskunstenaar opgetree en die kongresgangers met sy mooi sang en kwinkslae vermaak.

“Die ete was uitstaande en vir nagergeg was die kompetisie koeke voorgesit.”

Die wenners van die Rolkem kompetisie was as Riëtte Strydom aangewys.

“Sy het ’n totaal van 17 prosesse gebruik om by die eindresultaat uit te kom.”

Swart het vertel dat die kompetisie-artikels was van ’n baie hoë standard was en tydens die prysuitdeling op dag twee op dag twee het Delmas VLU-tak se Ansie van Zyl het met twee tweede plekke weggestap.


LEES OOK: Lekwa announces changes to mayoral committee


Alna Kapp was herverkies as president van VLUMP.

“Sy het ’n hart vir die organisasie se welstand, en is beslis opgewasse om die posisie te beklee,” het Swart ook gesê.

As deel van die kongres-projek moes die vroue elfies brei wat aan die einde van die jaar aan getraumatiseerde kinders utgedeel gaan word. Altesaam is 1 389 elfies, waarvan Delmas 68 bygedra het, was ingedien.

Cindy Coetzee, president van SAVLU, het 60 van die mooiste elfies uitgesoek wat tydens die SAVLU kongres, wat in Oktober 2024 gaan plaasvind, uitgestal gaan word. Inligting vir 2025 was gedeel en dit het die lede baie opgewonde oor die nuwe jaar gelaat.

“Met ons boksies vol van eg vroulike en verykende ervarings het ons Delmassers huiswaarts gekeer,” het Swart afgesluit.


LEES OOK: Workers find body of newborn on dumpsite in Standerton


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version