Local newsNewsStreeknuus

Laat waai met onwettige plakkate op Bronkhorstspruit

Inwoners wat tot die positiewe verandering van die dorp wil bydra, kan die sameroeper kontak by bronkieshoop@gmail.com vir meer besonderhede.

Bronkies Teamup to Cleanup se skoonmaakspan het op 10 September sowat 1 000 onwettige advertensies aan die Tshwane metropolisie se bywette-eenheid oorhandig.

Volgens Vasti Mills van Bronkies Teamup to Cleanup het die verwydering van dié onwettige advertensies die deelnemende gemeenskap van dié dorpie baie geld uit die sak geruk.

Behalwe vir die R5 per advertensie, is ’n vuurvegter van Bronco Tool en Trailer ingespan om onsensitiewe plakkers van lamppale, minisubs, verkeerstekens en mure van geboue af te was.

“Die dorp het soos ’n Kersboom gelyk met onwettige advertensies oral, selfs aan bome vasgespyker.”

Die opruimers doen ’n ernstige beroep op die inwoners om ag te slaan op verantwoordelike bemarkingspraktyke vir die advertensies van hul besighede, produkte en dienste.


Lede van die Tshwane metropolisie by die bykans 1 000 onwettige advertensies wat in Bronkhorstspruit verwyder is.

“Buitelug advertensies behoort sensitief en sosiaal verantwoordelik te wees, en mag nie sonder vooraf toestemming van die Stad van Tshwane op enige plek aangebring word nie.”

Vir meer inligting hieroor besoek www.tswane.gov.co.za

“Met ons doelwit om ’n nuwe dorp voor Kersfees te hê, en slegs twee dae per week se werk, is daar nou slegs 24 dae oor om hierdie droom te verwesenlik. Daar is nog baie werk,” het Mills gesê.

Inwoners wat tot die positiewe verandering van die dorp wil bydra, kan die sameroeper kontak by bronkieshoop@gmail.com vir meer besonderhede.


Bronkies Teamup to Cleanup het dié hope onwettige plakkate en plakkers in die dorp verwyder en aan die Tshwane metropolisie oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button