VKLM skuld Rand Water, watertoevoer word met 20% gesny

“Rand Water gee kennis van die finale besluit rakende sy voorneme om grootmaat drinkbare watertoevoer aan die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit te verminder.”

’n Kennisgewing wat by die polisiekantoor op Sundra aangebring is stuur skokgolwe deur die gemeenskap van Victor Khanye.

Volgens dié kennisgewing, komende van Rand Water (RW), sal die instansie die watertoevoer vir die Delmas-omgewing vanaf 17 September met 20% verminder.

Die stap volg nadat Rand Water op 27 Maart ’n mediaverklaring uitgereik het waarin die watervoorsiener aangedui het dat sewe munisipaliteite in Mpumalanga die instansie sowat R3 miljard skuld.

Een van die munisipaliteite was die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit (VKLM) en die uitstaande skuld aan RW op daardie stadium was R386 947.31 – betaalbaar einde Maart.

’n Verdere RW kennisgewing was op 31 Mei in die Ridge Times geplaas. Hierin het RW verklaar dat VKLM ’n grondwetlike plig teenoor sy inwoners het om basiese watervoorsiening- en sanitasiedienste aan sy inwoners te verskaf.


LEES OOK: Residents in eMbalenhle bud heads with councillor over services


Dei munisipaliteit het dus ’n kontrak vir grootmaat watervoorsiening met RW aangegaan. Volgens RW het VKLM egter reeds sedert 2019 misluk om sy betalingsooreenkoms met RW na te kom.

Volgens die nuutste kennisgewing van RW, gedateer 6 September, gee dié instansie kennis van sy finale besluit om VKLM se watervoorsiening met 20% in te kort.

“Rand Water gee hiermee kennis van die finale besluit rakende sy voorneme om grootmaat drinkbare watertoevoer aan die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit te verminder,” lees die kennisgewing.

“Hierdie besluit is geneem na noukeurige oorweging van alle voorleggings wat ontvang is in reaksie op die die openbare kennisgewing, gepubliseer op 24 Mei in ooreenstemming met die Wet op die Bevordering van

Administratiewe Geregtigheid no. 3 van 2000 (PAJA),” lees die kennisgewing verder. RW noem alle publieke deelname was as afgehandel beskou en dat alle openbare voorleggings oorweeg was. RW het verder aangedui dat hulle nie enige verdere betalingsooreenkomste vanaf VKLM aanvaar nie.

“Die munisipaliteit het RW genader om aanvaarbare terugbetalingsvoorwaardes te beding om sy skuld te likwideer.

“RW kon egter na deeglike oorweging nie die voorstel aanvaar nie weens vorige ervarings met die munisipaliteit en ander faktore wat aangedui het dat die voorgestelde afbetalingsooreenkoms nie volhoubaar sou wees nie.”

Volgens RW was daar gedurende Julie ’n betaling van R2m gemaak, maar dat dit egter aansienlik minder was as wat die ooreengekome afbetalingplan ooreegekom was.

“Hierdie betaling het nie eens die lopende rekening gedek nie, wat nog te sê die historiese skuld,” lui die kennisgewing verder.

Met VKLM dorpe soos Sundra en Eloff wat reeds vir jare gebuk gaan onder swak en soms geen watervoorsiening nie, voorspel dit niks goed nie.

Delmas se inwoners sit ook hande in die hare, want waterdruk word geleidelik swakker en die watertoevoer word reeds sedert April 2023 saans gestaak en dan weer soggens weer beskikbaar gestel.

Streeknuus het by vorige geleenthede navraag rondom die rede hiervoor gedoen, maar het nog geen terugvoer hieromtrent ontvang nie. Lees ook elders in hierdie uitgawe wat die Demokratiese Alliansie se raadslid, Diane Bath, hieroor te sê het.



LEES OOK: Mkhonza twins are still waiting for their promised house in eMzinoni

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version