Phoenix Rugbyklub van Delmas bring die Kestrel Liga-beker huis toe

Phoenix het egter in eindstryd vir Edenvale met 16-11 geklop.

Phoenix Rugbyklub is vanjaar se Kestrel Liga kampioene. Die Valke Rugbyunie se opwindende Kestrel Liga eindstryd het op 7 September by die Barnard Stadion in Kemptonpark plaasgevind.

Phoenix, onder die kapteinskap van Peter Mnguni, het teen die span van die Edenvale Panthers in die eindstryd op die veld gedraf.

Met slegs een verloor vir die hele seisoen in die Kestrel Liga wedstryde was die guns groot vir Delmas se Phoenix om die beker huis toe te bring.

Phoenix het egter twee keer vantevore teen dié span te staan gekom, waarvan hul een wedstryd gewen het en die ander verloor het. Phoenix het egter in eindstryd vir Edenvale met 16-11 geklop.



“Dit was ’n lang en uitdagende seisoen, maar ons het hom in die sak,” het Jandré Senekal Streeknuus meegedeel.

“Met die blaas van die eindfluitjie was die emosie voelbaar. Die Here het groot werk saam met ons en deur ons gedoen en ek is trots dat ons as span dit vir Delmas, Sundra en Eloff kon doen.”

Volgens Senekal was daar tye wat die klub finasieël baie swaar gekry het en die manne maar baie negatief was.

“Die Here het ons egter deur alles gedra. Ook in my eie lewe het ek deur ’n baie groot persoonlike krisis gegaan en moes die spelers op hul eie aangaan, maar die span het my daardeur gedra en ek kon krag kry om terug te kom as afrigter.”

“Ek is dankbaar dat ek wel teruggekeer het om hierdie wens saam met die span van Phoenix te kon meemaak. Dit is ’n puik span en élkeen van hulle en ons gemeenskap verdien hierdie beker.”


LEES OOK: Non-profit organisation hosts golf day in Secunda


Senekal het bygevoeg dat dit ’n baie harde en kompeterende wedstryd was. Die span van Edenvale het heelwat beserings opgedoen, maar volgens Senekal is hy net dankbaar dat die Phoenix spelers geen ernstige beserings opgedoen het nie.

“Edenvale was konstant in ons doelgebied. Selfs die heel laaste skrum was in ons doelgebied en die wedestryd kon dus enige kant toe swaai. Ons het tot in die laaste sekonde moes bly veg vir hierdie wen.”

Senekal het verder gesê dat sy span se ervaring, harde werk sedert Februarie, die deelname aan die hoër Presidentsliga en goeie gees en sportmanskap hulle deurgedra het.

“Die blydskap is groot, ons is trots en ons hoop en glo dat ons gemeenskap hierdie oorwinning en trots met ons deel,” het Senekal afgesluit.


LEES OOK: Bowls players participate in friendly competition in Standerton


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version