Local newsLocal sportNews

Gholfspelers neem deel aan ‘monthly mug’ op Standerton

Stephen Nortje het in die A-afdeling gewen met 70 punte.

Die Standerton Buiteklub het op 7 September hul maandelikse ‘monthly mug’ kompetisie aangebied, waaraan 26 gholfspelers deelgeneem het.

Stephen Nortje het in die A-afdeling gewen met 70 punte, gevolg deur Gert du Preez (71), Johann Janse van Rensburg (75) en Kobie Coetzee (75).

Casper Roux het 76 punte aangeteken. Jore Nortje en Johan Griesel het albei 77 punte op hul telkaarte ingevul.

Jannie Nichols het die A-afdeling afgesluit met ’n puntetelling van 82. In die B-afdeling het Patrizia Lombard goed gevaar met 74 punte. Innocent Dhladhla het dieselfde telling verwerf.


Aldo Arnaldi hou sy oog op die bal.

Aldo Arnaldi het 75 punte opgetel, gevolg deur Hennie Swanepoel (77), Nico Lombard (78), Louis Gravett (80) en Jacques Erasmus (87).

Die C-afdeling is deur Alanda Vienings gewen met 102 punte. Bernard Swart het huiswaarts gekeer met 94 punte.
Gerrit Nel het 91 punte aangeteken, gevolg deur Herman Mynhardt (89).

Fanie Botha het 91 punte aangeteken. Lourens van der Sandt het 97 punte verkry, gevolg deur Jacques Scholtz (95) en Francois Cronje (97).

Nick Momberg het 95 punte aangeteken. Sonja Nortje het 123 punte op haar telkaart ingevul en Mark Vienings het die dag afgesluit met 118 punte.




LEES OOK: Women compete in tournament at Graceland in Secunda

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button