Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Stoei groei op Bronkies

Oefentye is Maandae en Woensdae van 18:00 tot 19:00 vir bulletjies en tot 20:00 vir die res van die klub.

Bronkhorstspruit spog sedert Januarie ook nou met ’n stoeiklub. Meer as twee dosyn stoeiers kan twee maal per week op die stoeimatte in die NG kerk Nooitgedacht se saal gesien word.

“Die klub is nog jonk, maar dit groei. Die gees is hoog by Bronkhorstspruit Stoeiklub en die kinders geniet elke oomblik,” het Michelle van den Berg, bemarkingslid van die bestuurkomitee, vertel.

Die klubvoorsitter is Albert van Graan en die res van die komitee is Sharon Pohl, CV Pohl, Nico van den Berg en Henno Meyer.

Die klub val onder die Noord-Gauteng Stoeivereniging en die meerderheid van die stoeiers is nog klein, dus neem hulle in die bulletjies afdeling deel.

Hulle is ook reeds aan kompetisie blootgestel en het al by ’n paar toernooie kragte gemeet.


Karli Kruger is die eerste meisie om by die Bronkhorstspruit Stoeiklub aan te sluit en sy geniet elke oefening. Hier het sy haar eerste medalje ontvang.

Een blondekop dogtertjie, Karli Kruger, het ook haar merk op die stoeimat vir Bronkhortspruit gemaak. Volgens Michelle is Karli hopelik die eerste van vele dogters wat hierdie sport sal doen.

Afrigters CV Pohl en Nico van den Berg is daar om die jongelinge touwys te maak. Volgens Nico is stoei ’n uitstekende sports vir kinders van alle ouderdomme.

“Stoei is goed vir ‘n paar redes en dit kan paar groot name in die sportwêreld se lewens getuig,” het Nico vertel.

“Dit stel kinders aan verskillende lewensvaardigheide bloot – van respek vir die stoeimat en skoene tot vreugde en genot met elke oefenaand en toernooi.

“Dié sport leer kinders respek, dissipline, balans en tydsbestuur. Jy leer ook jou eie liggaam ken en is voordelig vir jou brein” het hy gesê.



Volgens Nico bevorder stoei balans, konsentrasie, vaardighede om probleme op te los, selfvertroue, hand-oog koördinasie, bewusheid van jou omgewing en gesonde denkwyse,

“Stoei bied jou die kans om oor tyd baie ervaring op te bou en te kan reis. Dit word landwyd beoefen.

“’n Ouer kan ook betrokke raak en die kans kry om verkies te word om op die hoogste vlakke deel te neem en jou land te verteenwoordig.”

Nico het gesê die blote feit dat stoei pret is, is genoeg rede om aan te sluit. Oefentye is Maandae en Woensdae van 18:00 tot 19:00 vir bulletjies en tot 20:00 vir die res van die klub. Belangstellendes kan Michelle op 082 956 7509 vir meer inligting kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button