Sonpanele: Twee verskyn weer in hof op Evander vir bedrog

Hof stel saak uit na 26 September.

Zane Calitz en Christo Boshoff, die paartjie wat tereg staan op aanklagtes van diefstal en bedrog, het op 26 Augustus weer in die streekhof op Evander verskyn.

Dié twee mans is op 18 Februarie vanjaar in hegtenis geneem nadat hulle glo geld ontvang het om sonpanele vir mense op te sit en nie die werk gedoen het of die geld terugbetaal het nie.

Volgens die klagstaat is daar sake van Secunda, Bethal, Kriel, Kinross en selfs Brakpan teen hulle.

Van dié sake is reeds saamgevoeg en die magistraat het in die hof gesê vorige borgtogaansoeke van die twee mans is nie toegestaan nie en hulle bly steeds in aanhouding.

Hulle saak is uitgestel na 26 September.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version