CrimeLocal newsNewsStreeknuus

Onwettige immigrante ry aan die pen op Sundra

Sommige het in bome, plafonne en op dakke geskuil. Na ’n uurlange soektog kon die span daarin slaag om 16 beweerde onwettige immigrante in hegtenis te neem.

’n Gesamentlike operasie het daartoe gelei dat 16 beweerde onwettige immigrante in die Sundra / Rietkol-omgewing in hegteneis geneem is.

Die operasie het op 30 Augustus om 10:00 afgeskop.

Inligting het die span glo na ‘n perseel gelei. Lede van die Sundra polisie, die Department van Binnelandse Sake en Immigrasie, Sundra Bulldogs Buurtwag en AfriForum Delmas Valke Buurtwag het saamgespan om van die operasie ’n sukses te maak.

Die span het op die perseel toegeslaan en lede van die die Sundra Bulldogs kon daarin slaag om te keer dat geen individu vanaf die perseel ontsnap nie.

Volgens inligting het die span van ’n hommeltuig gebruik gemaak as hulp om van die verdagtes op die perseel op te spoor.

Sommige het in bome, plafonne en op dakke geskuil. Na ’n uurlange soektog kon die span daarin slaag om 16 beweerde onwettige immigrante in hegtenis te neem.


’n Beseerde lid van die publiek word op die toneel behandel.

Daar was glo bevind dat van die inwoners, wat in diens van ’n buitelandse boer is, onwettig in die land verkeer.

Volgens ’n mediaverklaring soos uitgereik deur ’n onbekende persoon was daar ongelukkig ook ’n frats ongeluk waarin een van die deelnemende spanlede ernstig beseer was.

Kaptein Linky Olckers, bevelvoerder van die Sundra polisie het dié voorval bevestig.

’n Skoot het glo per ongeluk vanuit sy eie se pistool aan sy lyf afgegaan en die man, ’n bekende boer van die omgewing, het ’n ernstige skietwond opgedoen.

Die Sundra Bulldogs mediese personeel het na die toneel gehaas waar die man behandel is in afwagting van mediese personeel.

Met die aankoms van die ambulans was daar egter besluit om die man, weens die ernstige aard van sy skietwond, per helikopter na ’n hospitaal te vervoer.

Teen druktyd kon Olckers slegs bevesitg dat die 16 verdagtes op 2 September in die hof verskyn het.
Geen inligting rakende die aard van die klagtes of volgende hofdatum kon egter verkry word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button