Local newsNewsSchools

SHS bring goud op goud huistoe vir toneel

Die toneelstuk Voetspore is ondermeer aangewys as die algehele wenner vir verhoogbestuur, grimering, choreografie, ensamble, beste drama en beste dramatiese hoofrol.

Standerton Hoërskool se toneelgroep het aan die Ermelo Toneelweek deelgeneem met hul toneelstukke, Voetspore en Die Môrester.

Voetspore, wat handel oor ’n kankerpasiënt wat haar voete letterlik en figuurlik moet vind na die dood van haar grootste ondersteuning, het goud gewen vir ensamble, grimering, klankhantering, beligtingshantering, beligtingsontwerp, tegniese aspekte, produksie, regie en verhoogbestuur.

Die groep het twee goue medaljes verdien vir spel. Dié toneelstuk is ook aangewys as die algehele wenner vir verhoogbestuur, grimering, choreografie, ensamble, beste drama en beste dramatiese hoofrol.

Hulle het ook silwer verkry vir choreografie, beligtingsamestelling sowel as klanksamestelling, kostuums, spel en dekor en is die algehele naaswenner vir tegniese aspekte, regie, klankhantering en beligtingsontwerp.

Zietske Bailey het goud vir spel en silwer vir choreografie verwerf, en sy is aangewys as die algehele wenner vir choreografie en beste dramatiese hoofrol.

Altus Geldenhuys het goud vir beligtingshantering en ontwerp gekry en is aangewys as die algehele naaswenner vir beligtingsontwerp.

Anke van Aswegen het goud vir verhoogbestuur en silwer vir spel verower. Clarissa Gerber het die goud vir spel huistoe geneem.


Die Voetspore toneelgroep.

Mary Cawood het goud vir verhoogbestuur verkry en is aangewys as die algehele wenner vir dié kategorie.

Suné du Preez het goud vir klankhantering gekry en is naaswenner vir dieselfde kategorie. Hanru Meyer en Hanco van der Walt het albei goud vir tegnies gewen.

Charne Geldenhuys het goud vir regie ontvang en silver vir dekor. Sy is die algehele naaswenner vir regie.

Santie Louw het die grimering vir albei spelle hanteer en is aangewys as die algehele wenner vir grimering.

Die Môrester, wat gevul is met geheimsinnigheid, het brons verwerf vir tegniese aspekte, plakkaat, produksie en ensemble.

Somenique Els het silwer vir klankhantering verwerf, sowel as brons vir klanksamestelling. Marli van Vuuren, Lidmari Sheppard en Bonisie Sibanyoni het silwer vir spel gerky.

Chane Vosloo het brons vir spel verwerf. Connor Breytenbach, Hanco van der Walt, Duan Botha en Hanru Meyer het brons vir verhooghulp ontvang.

Shawn Potgieter het ’n goue medalje vir grimering, twee silwer medaljes vir kostuums en dekor en ’n brons medalje vir regie verwerf. Hy is aangewys as die algehele wenner vir grimering.

Related Articles

Back to top button