Sasol Secunda Rugbyklub se eerstes verloor oefenwedstryd teen Pumas

Gold Cup-reeks skop binnekort af.

Sasol Rugbyklub se eerstes het op 30 Augustus, op hul tuisveld, in die koue met die Pumas se o21-span kragte gemeet.

Sasol 1 het in die stof gebyt toe die Pumas van Nelspruit hulle met 28-24 geklop het.

Sasol se puntemakers vir dié wedstryd wat drieë gedruk het, is Hanco Nel, Dalton Smit, Xavier Fourie en Rudolf Pretorius.

Sasol kom op 21 September teen Randfontein te staan in die begin van die Gold Cup reeks.




ALSO READ: Victory Taekwondo celebrate 30 years in Secunda

ALSO READ: Gholfspelers neem deel aan IPS kompetisie by Standerton Buiteklub

Exit mobile version