Gholfspelers neem deel aan IPS kompetisie by Standerton Buiteklub

Willie van Wyk het die dag gewen met ’n eindtelling van 38 punte.

Die Standerton Buiteklub het op 31 Augustus hul individuele stablefort kompetisie (IPS) gehou, waar 27 spelers die gholfbaan aangedurf het.

Willie van Wyk het die dag gewen met ’n eindtelling van 38 punte. PJ Venter en Johan Brink het elkeen 37 punte op hul telkaarte ingevul.

NT Coetzee, Casper Roux en Stephen Nortje het elkeen 35 punte aangeteken.

Carus Janse van Rensburg het huiswaarts gekeer met 34 punte, gevolg deur Patrizia Lombard, Francois Cronje, Aldo Arnaldi en Gerrit Coetzee wie almal 34 punte aangeteken het.


LEES OOK: Amberfield and Erasmus drew their match 1-1


Deon Grimsel, Jacques Scholtz en Jannie Nichols het elkeen 33 punte gehad.

Mark Nortje het 32 punte opgemaak, gevolg deur Gerrit Nel, Rowan Brink, Kobie Coetzee en Nick Momberg wie elkeen 31 punte verwerf het.

Nelis Eksteen, Tertius Brits en Johann Janse van Rensburg het 30 punte aangeteken.

Andrew Harper het die dag afgesluit met 28 punte; Jore Nortje het huiswaarts gekeur met 26 punte en Norman Kerslake het 25 punte bymekaargemaak en Weike van Wyk het 17 punte op sy telkaart ingevul.


LEES OOK: Standerton se Pieter Grobbelaar gaan na SA landloopkampioenskap


Exit mobile version