Laerskool Witpoort neem deel in fietsryliga

Laerskool Witpoort se fietsryers het in die Grootfontein Bike Park deelgeneem.

Laerskool Witpoort se fietsryers het op 24 Augustus aan die Gauteng skoleliga se vierde wedren by Grootfontein Bike Park deelgeneem.

Die skool het algeheel 11de uit die 76 skole wat Saterdag deelgeneem het, geëindig. Hul seunsspan is tans negende op die liga se ranglys.

Aron Jansen van Niewenhuizen het vierde geëindig vir seuns tussen vyf tot ses jaar. Lian Pretorius was 18de in die afdeling vir seuns van 12 jaar.

“Ons is trots op ons fietsryers, hulle vaar baie goed. Fietsry as sport het baie gegroei by Laerskool Witpoort met byna 46 leerders wat ry,” het Witpoort se Bernice van Staden gesê.

Die volgende wedren in die liga vind op 14 September plaas.




LEES OOK: Delmas Rolbalklub klim steeds suksesleer

LEES OOK: Round three of netball league played in Rethabiseng

Exit mobile version