Graad Eens wens matriekulante op Standerton sterkte toe

Kalie de Haas se Graad Een klas het na SHS gegaan om die matriekulante ’n laaste skooldag te gee wat hul nooit sal vergeet nie.

Laerskool Kalie de Haas het op 16 Augustus hul Graad Eens na Hoërskool Standerton geneem om die matriekklas van 2024 sterkte toe te wens vir hul eindeksamen wat voorlê.

Elke matriek het ’n kaartjie met ’n suigstokkie gekry, sowel as hordes drukkies en haasbek glimlaggies.

Die graad eentjies het ook toesprake gelewer wat vol hoop en gemoed gestop was.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version