Motorfietsryer oorleef ongeluk op R50 naby Delmas

Die opvolg nuus was egter verblydend, want Chantel het na ’n volledige skandering, geen breuke of ander ernstige beserings opgedoen nie.

Sondagoggendonbyt by die Red Star Raceway aan die N12-hoofweg naby Delmas het byna traumatiese gevolge vir ’n jong vroulike motorfietsryer gehad.

Chantel Janse van Vuuren en haar man Martin, as deel van ’n groep ryers, was die oggend van 25 Augustus na ’n rustige ‘breakfast-run’ op pad na hul huis in Irene, Pretoria.

Volgens Martin het die ongeluk omstreek 11:22 gebeur.

“Chantel het op die R50 Delmas / Bapsfontein-pad ’n vragmotor verbysteek. Die wind was sterk en die strome het haar van die pad afgeslinger waarna sy teen die wal op die R50 te lande gekom het,” het Martin gesê.


Odette du Toit van AfriForum se Delmas Valke Buurtwag eerstehulpspan verleen bystand aan Chantel Janse van Vuuren.

Intussen het die noodboodskap oor die beseerde motorfietsryer vining op noodgroepe versprei. Die noodhulp- en protospan van AfriForum Delmas Valke Buurtwag het hulle na die toneel gehaas.

Volgens die spanlede was Chantel duidelik in baie pyn, hoewel by haar volle positiewe. Dit het geblyk dat haar bekkenbeen gebreek was en daar is gevrees vir moontlike nek- of rugbeserings.

Chantel is op die toneel gestabiliseer en nooddienste is gekontak. Candice Allison van MedicZone het ook by die toneel opgedaag.

ER24 se ambulans was vining op die toneel en met die aankoms van hul noodvoertuig is besluit om haar eerder per lugambulans te vervoer.


Mediese personeel van ER24 en Netcare 911 maak die pasiënt gereed vir vervoer met die lugambulans.

ER24-personeel het Chantel op die toneel behandel en haar in die ambulans gelaai om haar uit die bloedige son te kry en meer gemaklik te maak.

Die lugambulans het vinnig by die Yzervarkfontein / Etwatwa-kruising geland. Protospanlede van die buurtwag het gehelp om die pad toe te maak sodat die lugambulans veilig kon land.

Effektiewe en vinnige mediese personeel van ER24 en Netcare 911 het Chantel vanuit die pad ambulans na die lugambulans oorgeplaas en om 13:17 het die Netcare 911 lugambulans na ’n hospitaal vertrek.

Die opvolg nuus was egter verblydend, want Chantel het na ’n volledige ondersoek, geen breuke of ander ernstige beserings opgedoen nie.


LEES OOK: Vukta celebrates Women’s Month with the elderly in Secunda


Martin het Streeknuus meegedeel hy is dankbaar oor die bystand wat buurtwaglede aan hom, sy vrou en omstanders gebied het.

“Dankie aan elkeen. Dankie ook dat julle vir Chantel so mooi hanteer het en nie kanse geneem het met die moontlike erns van haar beserings nie,” het Martin gesê.

Martin en Chantel het ook die mediese personeel, die buurtwag lede en almal wat gehelp het, bedank.

Teen druktyd het Chantel steeds in pyn verkeer, was potblou gekneus en het ook ligte harsingskudding opgedoen, maar volgens Martin, dankbaar om die ongeluk te kon oorleef.


Exit mobile version